Skakerings van Skoonheid

Hier by Laerskool Slot van die Paarl vier ons nie net ons kinders nie, maar ook die ongelooflike mammas wat elke dag liefde, energie en toewyding gee. Hierdie jaar nooi ons jou hartlik uit na ons Skakerings van Skoonheid vroue-oggend — ‘n viering van styl, skoonheid en inspirasie.


Wat om te verwag op 6 September 2025:

📍 Venue: Perdeberg Cellar
🎤 Gasspreker: Die talentvolle Alicia Buckle, ‘n kenner in grimering en skoonheidswenke
🍷 Ervarings:

  • Motiveringspraatjie vir vroue van alle ouderdomme
  • Grimeringsdemonstrasie & skoonheidswenke
  • Heerlike Perdeberg wyn, ligte middagete en nagereg

Dis ‘n oggend van bederf, leer en lag – perfek vir elke mamma, ouma, tannie of vriendin!


Bespreek nou jou kaartjie

Kaartjies is beperk, so maak seker jy bespreek vroegtydig.
Kontak Cheree by 083 667 0452 om jou plek te verseker.

Moeders verdien meer as net 'n geskenk – hulle verdien 'n herinnering.

Skep daardie herinnering saam met ons op 6 September.
Laai jou maats op, trek jou mooiste uitrusting aan en sluit aan by Slot se stylvolle skoolgemeenskap vir ‘n oggend vol inspirasie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *