Laerskool Slot van die Paarl
Die oudste laerskool in die Paarl –
waar kinders nog kind kan wees.
#waarkindweesnoglekkeris Welkom by Laerskool Slot van die Paarl
Waar tradisie, liefde en kindwees saamkom
Welkom by Laerskool Slot van die Paarl – ’n skool ryk aan tradisie, hart en waardes. Ons glo dat kinders hulself die beste ontwikkel in ’n omgewing waar hulle veilig, geliefd en gelukkig voel. Hier mag hulle nog speel, ontdek en leer soos net kinders kan.

Slot vier 169 jaar met superheld-gees! 🦸♂️🦸♀️
Laerskool Slot van die Paarl het hul 169ste bestaansjaar met groot opgewondenheid gevier, waar leerders die dag in ware superheld-styl aangepak het.
Die vieringe het op 25 Maart afgeskop toe die skoolterrein gevul is met energie en kleur, met leerders wat hul beste superheld-uitrustings gewys het—elk uniek en vol karakter.
Van soet kolwyntjies tot ’n lewendige sokkie onder die afdak, was elke oomblik gevul met lag, musiek en opgewondenheid. Die dag het nie net pret gebring nie, maar ook die sterk gevoel van trots en samehorigheid wat Laerskool Slot van die Paarl al 169 jaar kenmerk.
’n Ware viering van tradisie, gemeenskap en onvergeetlike skoolherinneringe
Wêreld Boekedag 2026
"Boeke is die spieëls van die siel." — Virginia Woolf

Prysuitdeling 2025
Wat ’n spesiale aand vol trots en prestasie! Ons het die harde werk en toewyding van ons leerders gevier tydens ons jaarlikse prysuitdeling, en is verheug om ons Hoofseun en Hoofmeisie vir 2026 aan te kondig
Hoofdogter 2026
Hoofseun 2026
Lienke Swarts
Alexander Prinsloo
Waarom Slot van die Paarl?
Die oudste laerskool in die Paarl
Christelike waardes en gesinsgees
Akademiese en sportuitnemendheid
Gevestigde tradisie én moderne onderrig
Kind-gesentreerde benadering
Klein klasse, groot versorging
By Slot is elke kind belangrik. Dis nie net ‘n skool nie – dis ’n tweede huis.
Kyk hoe ons kinders groei, leer en lag
Elke dag is ’n nuwe avontuur by Slot van die Paarl

Ons Onderwysers
Toegewyd. Ervare. Omgee-mense.
By Laerskool Slot van die Paarl glo ons dat ’n kind se ontwikkeling begin by ’n onderwyser wat met liefde, geduld en passie werk. Ons personeel is meer as net opvoeders – hulle is mentors, rolmodelle en die hart van ons skool.
Met jare se ondervinding, ’n diepe roeping tot onderwys, en ’n besondere vermoë om elke kind raak te sien, skep hulle ’n ruimte waar leer pret is en elke kind kan floreer.
Wat deel ons ouers van Slot
“Slot is meer as net ’n skool – dis ’n gemeenskap.”
Mamma van Gr. 3-leerder
“Ons het geweet van dag één af – dis die regte plek vir ons gesin.”
Ouer van twee Slotters
“Dis regtig n fantastiese skool! Hulle het dit reggekry dat skool nog is soos toe ons op skool was. Daar is individuele aandag aan kinders en daar word meer klem gelê op waardes as op prestasie. En dís wat Slot onderskei van ander skole.”
Mamma van Gr.3 leerder
“Dis die plek waar my kind nog onskuldig kon speel – en eenvoudig haarself kon wees.”
Mamma van Gr.7 leerder
Ons Borge – Laerskool Slot van die Paarl
Laerskool Slot van die Paarl is trots op ons verskeidenheid lojale borge in Paarl wat jaar na jaar ons skool, leerders en projekte ondersteun. Hierdie plaaslike besighede dra daartoe by dat ons ’n sterker gemeenskap bou en kwaliteit onderwys kan bied.
Skryf Nou In
Elke dag is opedag by Slot – Inskrywings nou oop!
By Slot is daar iets vir elkeen.
Sluit aan by ons gesellige gemeenskap en gee jou kind die geleentheid om hul beste herinneringe te skep.
Laerskool Slot van die Paarl
Die oudste laerskool in die Paarl –
waar kinders nog kind kan wees. #waarkindweesnoglekkeris
Welkom by Laerskool Slot van die Paarl
Waar tradisie, liefde en kindwees saamkom
Welkom by Laerskool Slot van die Paarl – ’n skool ryk aan tradisie, hart en waardes. Ons glo dat kinders hulself die beste ontwikkel in ’n omgewing waar hulle veilig, geliefd en gelukkig voel. Hier mag hulle nog speel, ontdek en leer soos net kinders kan.
Wêreld Boekedag 2026
"Boeke is die spieëls van die siel." — Virginia Woolf
Slot vier 169 jaar met superheld-gees! 🦸♂️🦸♀️
Laerskool Slot van die Paarl het hul 169ste bestaansjaar met groot opgewondenheid gevier, met leerders wat die dag in kreatiewe superheld-styl aangepak het.
Die vieringe het op 25 Maart afgeskop toe die skoolterrein gevul is met kleur, energie en unieke uitrustings.
Van heerlike kolwyntjies tot ’n vrolike sokkie onder die afdak, was die dag vol lag, musiek en samehorigheid.
’n Ware viering van 169 jaar se trots, tradisie en kosbare skoolherinneringe.
Prysuitdeling 2025
Wat ’n spesiale aand vol trots en prestasie! Ons het die harde werk en toewyding van ons leerders gevier tydens ons jaarlikse prysuitdeling, en is verheug om ons Hoofseun en Hoofmeisie vir 2026 aan te kondig
Hoofdogter 2026
Hoofseun 2026
Lienke Swarts
Alexander Prinsloo
🎥 “Kyk Wie Ons Is”
Ontdek die hartklop van Slot van die Paarl